On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Agri SA teleurgesteld met ANC se grondplafon-plan

───   13:26 Thu, 29 Jan 2015

Agri SA teleurgesteld met ANC se grondplafon-plan | News Article

Bloemfontein - Agri SA sê hy is teleurgesteld met die ANC se aankondiging dat daar voortgegaan word met 'n grondplafon-plan, om 'n boer se grondbesit tot 'n plaas of twee plase van altesaam 12 000 hektaar te beperk.

Agri SA se adjunkpresident, Dan Kriek, sê dit is onverstaanbaar waarom hierdie aankondiging gedoen is, terwyl landbourolspelers vroeër tot Maart tyd gegee is om insette hieroor te lewer.
 
Hy sê die grondplafon-plan strook ook nie met die model in die Nasionale Ontwikkelingsplan waarvolgens groter boere sal help om nuwe boere te vestig nie. Die vraag is of daar nou afgesien word van hierdie grondhervormingsmodel.
 
Kriek sê Agri SA het destyds in grondsakeminister Gugile Nkwinti se Nasionale Verwysingsgroep, Nareg, standpunt ingeneem dat grondplafonne nie kan werk nie.
 
Die grondplafon-aankondiging is ook onverstaanbaar in die lig van Agri SA se raamwerkvoorstelle vir sinvolle grondhervorming wat verlede jaar op die Agri SA-kongres deur Nkwinti verwelkom en aanvaar is en waaroor daar steeds samesprekings is, sê Kriek.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 
 


Podcasts

Dan Kriek, adjunkpresident van Agri SA en president van Vrystaat Landbou.:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.