On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Grondwetlikheid van grondplafonplanne bevraagteken

───   SABRINA DEAN 15:45 Fri, 13 Feb 2015

Grondwetlikheid van grondplafonplanne bevraagteken | News Article

Bloemfontein - Belanghebbendes in die landbousektor moet nog nie moedeloos raak oor President Jacob Zuma se uitlatings gisteraand met sy staatsrede rakende planne om ‘n grondeienaarskap-plafon in te stel nie.

So meen Graan SA voorsitter Louw Steytler, wat sê die debat rondom dié kwessie moet steeds gevoer word en volgens kundiges wat die organisasie reeds mee gesels het, gaan dié plafonplanne nie aan grondwetlike vereistes voldoen nie.
 

Graan SA se uitvoerende bestuurder Jannie de Villiers het ook vanoggend aan OFM-nuus gesê indien nodig, sal die kwessie in die howe draai.
 
"Ek dink ook ekonomies gaan dit die land tot ondergang dring as jy begin sê elke ou kan net twee plase besit of elke plaas mag net 'n maksimum van 12 000 hektaar wees... Daar is ouens in die Karoo waar die plase reeds vêr groter as dit is en hulle maak dit nie."
 
Twee van die uitlatings wat redelik kommer wek onder, veral, die lanbousektor is die voorstel dat grondeienaarskap beperk moet word tot ‘n maksimum van twee plase en/of 12 000 hektaar; en dat boere in die toekoms 50% van hulle besigheid aan plaaswerkers sal moet afstaan.
 
Sabrina Dean  en Pieter Möller/OFM-nuus

Podcasts

Graan SA voorsitter Louw Steytler:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.