On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Nuwe Landbou-LUR moet so vinnig moontlik aangestel word

───   SABRINA DEAN 17:39 Fri, 13 Mar 2015

Nuwe Landbou-LUR moet so vinnig moontlik aangestel word | News Article

Bloemfontein - Die aanstelling van ‘n nuwe Vrystaatse LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling is van die uiterste belang, aangesien die landbousektor ‘n groot bydrae tot die provinsiale ekonomie lewer.

Vrystaat Landbou se Dan Kriek sê die aanstelling is ook kardinaal, in die lig van die knellende droogte wat tans in verskeie dele van die provinsie heers.
 
Kriek sê die uitdagings is groot en 'n waarnemende LUR gaan nie noodwendig reg laat geskied aan die posisie nie.
'Dan Kriek'
 
Voormalige Landbou-LUR, Mamiki Qabathe is dié week as speaker in die provinsiale wetgewer aangestel.
 
Kriek het haar gelukgewens en gesê haar vertrek laat beslis 'n groot leemte. Hy sê daar is 'n sterk band tussen Qabathe en Vrystaat Landbou.
Sabrina Dean/OFM-nuus 

Podcasts

'Dan Kriek':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.