On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Samewerking tussen polisie, landbouers help misdaad bekamp

───   SABRINA DEAN 17:22 Mon, 16 Mar 2015

Samewerking tussen polisie, landbouers help misdaad bekamp | News Article

Bloemfontein - Vrystaat Landbou se Tommie Esterhuyse sê die samewerking tussen polisie en boere is van onskatbare waarde.

Vier mans wat die naweek in hegtenis geneem is na ‘n gewapende rooftog op ‘n plaas in die Memel-distrik, sal na verwagting môre in die dorp se landdroshof verskyn.
 
Vrystaatse polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê hulle soek nog na die vyfde vermeende rower.
 
Intussen het Vrystaat Landbou se Tommie Esterhuyse bevestig dat die vier gearresteer is danksy samewerking van boere wat betrokke is by die organisasie se landelike veiligheidsplan. Hy sê die samewerking tussen polisie en boere is van onskatbare waarde:
 
'Tommie Esterhuyse'
 
Behalwe vir die Memel-geval was daar ook uitstekende samewerking in twee ander onlangse voorvalle.
 
Hy sê die landbou-gemeenskap van Koppies het Vrydagaand gehelp om kapers te vang, terwyl ‘n verdagte verlede Woensdag met behulp van die gemeenskap van Heilbron vir veediefstal aangekeer is.
Sabrina Dean/OFM-nuus 

Podcasts

'Tommie Esterhuyse':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.