On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Opposisie partye oor nuwe VS LUR vir landbou

───   17:36 Mon, 16 Mar 2015

Opposisie partye oor nuwe VS LUR vir landbou | News Article

Bloemfontein - Opposisie-partye in die Vrystaatse Wetgewer sê premier Ace Magashule het ‘n moeilike taak op hande met die aanstelling van ‘n nuwe LUR van landbou.

EFF-woordvoerder, Mohaneloa Tsoaedi, sê die party vermoed dat die voormalige LUR van landbou, tans LUR van toerisme en ekonomiese ontwikkeling, Mosebenzi Zwane, moontlik weer na dié portefeulje teruggeskuif kan word. Die naam van die voorsitter van die portefeuljekomitee oor landbou, Thabo Meeko, word ook as moontlike kandidaat genoem.
 
Die DA se Roy Jankielsohn sê dit is belangrik dat die premier die regte keuse maak. "Gegewe die feit dat ons 'n klein provinsie is, lewer ons geweldige bydrae ten opsigte van voedselsekerheid in Suid Afrika en gegewe dit, is dit belangrik dat hy dit so vinnig as moontlik doen."
 
Die Vryheidsfront Plus se Wouter Wessels sê daar is verskeie faktore wat in ag geneem moet word:
 
'Wouter Wessels' 
 
Intussen het die woordvoerder van die premier, Makalo Mohale, gesê daar is nog nie sekerheid of dié aankondiging nog vandeesweek gedoen gaan word nie. Hy sê dit is ook nog nie bekend of die premier sy raad in die geheel gaan skommel en of hy net ‘n nuwe LUR gaan aanstel nie.

Cathy Dlodlo/OFM-nuus 

Podcasts

'Wouter Wessels' :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.