On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Please Note

Beplan en bespaar tydens vanjaar se Bloemskou

───   15:22 Tue, 21 Apr 2015

Beplan en bespaar tydens vanjaar se Bloemskou | News Article

Wanneer die pretpark begin opslaan en die liggies begin brand, weet almal dis tyd vir Bloemskou.

Vanjaar bring Pretpark hope opwindende ritte na Bloemskou. En jy kan groot bespaar as jy mooi beplan. Koop VOOR 23 APRIL jou Pretparkkaartjies aanlyn by Computicket en spaar 50%.  Ja dit is waar, jy sal vanjaar by Bloemskou dubbel soveel ritte in die Pretpark kan bekostig vir dieselfde prys as verlede jaar, as jy jou pretparkkaartjies voor 23 April aanlyn koop. (www.computicket.co.za)
 
Die besparingspakkette behels R300 vir 60 kaartjies (normale prys vir 30 kaartjies) of R200 vir 40 kaartjies (normale prys vir 20 kaartjies).  Besoekers kan hulle Computicket uitdruk neem na die Pretpark betaalpunt waar dit geruil sal word vir die kaartjies.
 
Bloemskou vind vanjaar plaas van 23 April tot 2 Mei en is weer ‘n groot hoogtepunt vir oud en jonk.
 
SPESIALE TARIEWE BY BLOEMSKOU
Beplan jou besoeke na Bloemskou versigtig en maak seker jy kry regtig waarde vir jou geld.  Toegangsfooie is R70 en R20 vir pensionarisse en kinders tussen die ouderdom van 6 en 12 jaar.  Kinders onder 6 jaar kry gratis toegang tot Bloemskou. 
 
Ons maak ook seker dat elkeen die geleentheid het om die skou by te woon of meer as een maal by te woon met ‘n paar spesiale aanbiedinge waarvan jy moet weet:
· Kry ‘n ekstra R5 afslag op toegang wanneer jy deur Hek 10 by Bloemskou inkom. Die OVK hek 10 is die ingang langs die Vrouemonument vanaf Monumentweg. Parkering met motorwagte is hier beskikbaar.
 
· Donderdag, 23 April – Studente halfprys-dag met slegs R35 toegang – skoliere met uniform en studente met die toon van ‘n studentekaart kan van hierdie spesiale prys gebruik maak.  Daar is ook op hierdie dag ‘n spesiale pretparkpakketprys teen R120 vir onbeperkte ritte in die pretpark tot 20:00 (stampkarre, vierwiel-motorfietse en bungi uitgesluit).
 
· Dinsdag, 28 April – Halfprysdag – toegang is op hierdie dag R35 en kinders onder 12 jaar en pensioenarisse betaal slegs R10.  Kinders onder 6 jaar besoek die skou gratis. 
 
· 29 April – Spesiale pretpark pakketprys van R120 vir onbeperkte ritte in die pretpark tot 20:00 (stampkarre, bunge en vierwiel-motorfietse uitgesluit).  Hierdie pakkette is by die pretpark-betaalhokkies beskikbaar.
 
Neem asb kennis dat die toegangsgelde op Saterdag, 2 Mei 2015 meer is as gevolg van die Jazz-fees met die twee groot en gewilde kunstenaars, Thsepo Tsholo en Presss. Toegangspryse op 2 Mei is soos volg:
Toegang - R100
Skoliere onder 12 jaar - R30
Pensionarisse - R30
 
Onthou, as jy jou toegang by Bloemskou betaal het, is al die vermaakoptredes gratis.
 
Hekke is oop van 09h00 – 20h00, behalwe Sondag tot 17h00 en Saterdag 2 Mei tot 22h00. 
 
Uitstalsale - handelsure:
Daagliks                                     10h00 – 20h30
Sondag, 26 April 2015                10h00 – 17h00
Laaste Saterdag, 2 Mei 2015     10h00 – 19h00
 
Besoek www.bloemskou.co.za vir meer inligting en die volledige program van Bloemskou 2015.
 
VERKLARING VERSKAF 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.