On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

ANC soek meer geld vir amptenare in Parlement

───   15:12 Mon, 28 Jul 2014

ANC soek meer geld vir amptenare in Parlement | News Article
Pretoria - Die ANC Hoofsweep, Stone Sizani, het vandag 'n versoek gerig vir meer regeringsbefondsing vir amptenare van die regerende party, wat in die Parlement werksaam is.
Sizani het aan verslaggewers gesê die hoeveelheid geld wat ANC-amptenare van die staat ontvang, is nie vergelykbaar met die werk wat hulle doen om seker te maak dat die wetgewer sy pligte kan uitvoer nie.
 
Die beroep vir die aanpassing vir politieke partybefondsing in die Parlement spruit uit die ANC se jaarlikse koukus-lekgotla wat die afgelope naweek plaasgevind het.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.