On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Press Office

Planne vir nuwe universiteite goed op dreef

───   16:39 Sat, 13 Oct 2012

Planne vir nuwe universiteite goed op dreef | News Article
Planne om universiteite in Mpumalanga en in die Noord-Kaap te bou is steeds goed op dreef.

Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, het in die parlement op 'n vraag deur die ACDP oor die vordering van die beplande universiteite gereageer.

Die SAUK berig dat Nzimande sê tenders vir die bou van die universiteite sal binnekort gaderverteer word, sodra die nodige ondersoeke en ontwerpe afgehandel is.

Die minister sê die nodige geboue en infrastruktuur behoort teen 2018 klaar te wees.

Die eerste fase van aanbouings sal teen die tweede deel van 2013 begin en die eerste inskrywings word teen 2014 verwag.

SAUK

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.