On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Press Office

OFM WORD TROTSE MEDIABORG VAN TEKKIEFEES

───   16:13 Wed, 09 Apr 2014

OFM WORD TROTSE MEDIABORG VAN TEKKIEFEES | News Article
OFM - Die Klank Van Jou Lewe - het ingestem om vanjaar die amptelike mediaborg van Vereeniging Gimnasium se Tekkiefees te wees. Die fees sal op 5 en 6 September plaasvind.

Die Tekkiefees is 'n jaarlikse tradisie by die skool en 'n geleentheid waar die hele Vaal-gemeenskap kan saamkuier. Vir die skool is dit nie net 'n manier om fondse in te samel nie, maar ook om kuns en kultuur in die Vaal-gebied te ontwikkel en uit te brei. Besoekergetalle aan die fees neem jaarliks toe en meer as 12 000 besoekers word vanjaar verwag.

Optredes deur sommige van Suid-Afrika se beste en mees geliefde kunstenaars, 'n uiters gewilde 4x4-kompetisie, kuns- en kosstalletjies en nog baie meer is deel van die fees.

Volgens OFM se Algemene Bestuurder, Nick Efstathiou, raak OFM graag betrokke by ontwikkelingsprojekte waarby die stasie se luisteraars direk baatvind.

"OFM se ateljee in Vanderbijlpark stel die radiostasie in staat om 'n baie belangrike gemeenskap beter te kan bedien. Hierdie vennootskap is slegs die begin om nuwe vriendskappe in ontwikkeling in hierdie gebied te sluit."

As die amptelike mediaborg van die Tekkiefees, sal OFM op die Vrydagmiddag en die meeste van die Saterdagoggend, direk vanaf die feesterrein uitsaai. Die stasie sal ook sy studio oopmaak vir tien leerders by die skool, wat in 'n loopbaan in die uitsaaiwese belangstel.

Einde

Navrae: Nick Efstathiou
(051) 5050 900

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.