On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Rugby

Plumtree help Luiperd-voorspelers

───   10:18 Wed, 02 Jul 2014

Plumtree help Luiperd-voorspelers | News Article
Die nuwe Hurricanes-afrigter John Plumtree was Dinsdagoggend in Potchefstroom waar hy met die Luiperds se voorspelers gewerk het.
 
Plumtree, pas terug in Suid-Afrika na sy kontrak by Ierland verstryk het, het sy sake kom afhandel voor hy teruggaan na sy geboorteland in Nieu-Seeland waar hy aangestel is om die ‘Canes se nuwe afrigter te word.
 
Die Luiperds se afrigters Robert du Preez en Jaco Pienaar was vroeër vanjaar onder andere by Plumtree in Ierland tydens ‘n toer waar hulle by verskeie oorsese unies aangegaan het.
  
Die Luiperds durf Saterdag (15:00) die Griffons in Potchefstroom aan. Toegang is gratis.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.