On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Special Reports

Gaza-konflik: Nuwe skietstilstand van 72 uur aangekondig

───   06:45 Tue, 05 Aug 2014

Gaza-konflik: Nuwe skietstilstand van 72 uur aangekondig | News Article
Kaïro - Israel en Hamas het ingestem tot 'n nuwe skietstilstand van 72 uur. Die skietstilstand begin om sewe-uur vanoggend Suid-Afrikaanse tyd.
 
Dit volg op druk van verskeie lande om die geweld in Gaza te beëindig.
 
Die deurbraak is glo grootliks by samesprekings in Kaïro in Egipte gemaak. Die samesprekings is deur Hamas en verskeie ander groepe van Palestina bygewoon, maar nie deur Israel nie.
 
Die Egiptiese regering het die Palestynse eise gisteraand aan Israel voorgelê. Meer as 1 800 Palestyne en 66 soldate van Israel is al in die geweld dood.

Intussen het president Jacob Zuma in Washington by 'n vergadering met die Amerikaanse Sakekamer, Suid-Afrika se standpunt oor die konflik tussen Israel en die Palestyne verduidelik.
 
Zuma sê Israel en die Palestyne moet met mekaar praat en 'n internasionaal aanvaarbare oplossing vind.
 
Die Minister van Internasionale Betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane, sê Suid-Afrika sal die konflik tussen Israel en die Palestyne amptelik met die Amerikaanse regering bespreek.
 
BBC, Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.