On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

SA vier 21ste herdenking van eerste demokratiese verkiesing

───   10:24 Mon, 27 Apr 2015

SA vier 21ste herdenking van eerste demokratiese verkiesing | News Article

Pretoria - President Jacob Zuma gaan Suid-Afrikaners na verwagting later vanoggend herinner aan die belangrikheid van vryheid in sy Vryheidsdagtoespraak by die Uniegebou in Pretoria.

Vandag is die 21ste herdenking van die land se eerste demokratiese verkiesing.
 
Die minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa het te midde van die onlangse geweld teen buitelanders 'n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om nie die gees van ubuntu te laat vaar nie.
 
Mthethwa sê Suid-Afrikaners moenie toelaat dat 'n minderheid die land se goeie naam skade aandoen nie.
 
Die ANC het vroeër in 'n Vryheidsdagverklaring gesê dat 'n oplossing vir die geweld daarin lê om die griewe van buitelanders én Suid-Afrikaners aan te spreek.
SAUK

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.