On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Ses vas ná rooftog by Noordwes klerewinkel

───   10:27 Mon, 27 Apr 2015

Ses vas ná rooftog by Noordwes klerewinkel | News Article

Lichtenburg - Ses verdagtes, tussen 24 en 31 jaar oud, sal Dinsdag in die Lichtenburg-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hulle glo 'n klerewinkel in die dorp beroof het.

Noordwes polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, het in 'n verklaring gesê die persone word daarvan verdink dat hulle Vrydag die 40-jarige vrou en haar kollegas beroof het.
 
'n Onbekende bedrag kontant, klere en selfone ter waarde van R224 000 is gesteel. Die verdagtes het in 'n Toyota Quantum met vervalste nommerplate van die toneel gevlug. Niemand is tydens die voorval beseer nie.
 
Volgens Makau is die polisie in kennis gestel van die diefstal en hulle het die verdagtes agternagesit. Die verdagtes is in Burgersdorp naby Lichtenburg voorgekeer en deursoek. Die beamptes het beslag gelê op al die klere en selfone, maar die kontant wat gesteel is en vuurwapens wat tydens die rooftog gebruik is, is nog soek.
 
Die verdagtes is glo almal van Soweto in Gauteng en hul medepligtiges het na bewering in 'n Volkswagen Jetta en Toyota Conquest met die vuurwapens gevlug.
 
Volgens Makau sal die polisie ondersoek instel om te bepaal of die verdagtes aan enige ander sake verbind kan word.
 
SAPD-verklaring

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.