On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Special Reports

FEATURE: Yolandé Korkie se herontmoeting met Al-Hamati

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:30 Thu, 27 Aug 2015

FEATURE: Yolandé Korkie se herontmoeting met Al-Hamati | News Article

Yolandé Korkie, die Bloemfonteinse weduwee van wyle Pierre Korkie, en die Suid-Afrikaanse noodleningsorganisasie, Gift of the Givers (GOTG), se voormalige verteenwoordiger in Jemen het mekaar ná meer as 'n jaar weer gesien.

Anas al-Hamati, wat ‘n groot rol gespeel het in onderhandelings vir dié egpaar se vrylating in Jemen, het Yolandé in Bloemfontein besoek om onder meer inligting te deel vir haar boek wat na verwagting vroeg volgende jaar vrygestel word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het Al-Hamati en sy gesin Saterdag ontmoet voor GOTG kospakkies aan behoeftiges in Heidedal ter herinnering aan Pierre uitgedeel het. Pierre is verlede jaar na Yolandé se vrylating in ‘n mislukte reddingspoging deur Amerikaanse magte om sy medegyselaar, Luke Somers, te bevry, dood.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.