On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Stilfontein-moord: Eggenoot volgende jaar verhoor

───   DANE BEISHEIM 13:39 Tue, 01 Sep 2015

Stilfontein-moord: Eggenoot volgende jaar verhoor | News Article

Stilfontein - 'n Bejaarde man van Stilfontein sal weer volgende jaar in die hof verskyn in verband met die moord op sy 69-jarige vrou verlede jaar.

Die tydperk van 1 tot 5 Februarie 2016 is opsygesit vir die 84-jarige Kobus Groenewald se verhoor.

Dit sal in Klerksdorp se rondgaande hof plaasvind.

Hy sal tot dan in aanhouding bly by die Potchefstroom-gevangenis se hospitaalafdeling.

Groenewald word daarvan aangekla dat hy sy vrou, Dienkie, in Mei verlede jaar in hul huis aangerand en met 'n stomp voorwerp oor die kop geslaan het.

Dane Beisheim/OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.