On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

At Lunch

@LUNCH - Kanker by Taylor Swift se ma gediagnoseer

───   12:20 Mon, 13 Apr 2015

@LUNCH - Kanker by Taylor Swift se ma gediagnoseer | News Article
 
Kanker is by Taylor Swift se ma, Andrea, gediagnoseer. Die 25-jarige sangsensasie het Donderdag die hartseer nuus met haar aanhangers via die sosialemedia-platform Tumblr gedeel.
 
Alhoewel sy die fyner detail van haar ma se toestand privaat wil hou, het sy wel die nuus bekend gemaak in die hoop dat haar aanhangers ook hul ouers sal motiveer om vir ’n volledige mediese ondersoek te gaan: “My ma wou hê julle moet weet omdat ook jou ouers dalk te besig is om dokter toe te gaan, en as jy hulle herinner om gereeld vir roetine-toetse te gaan, kan dit dalk vroeg gediagnoseer en behandel word … Of jou ouers en jy kan gemoedsrus hê dat hulle gesond is …
 
“Sy wou ook hê julle moet weet hoekom sy dalk nie so baie van my optredes gaan bywoon nie. Dis ’n moeilike stryd wat voorlê.”
 
Duisende aanhangers het op die brief, getitel “Net dat julle weet”, met woorde van bemoediging gereageer.
“Ons bid vir jou en jou familie,” het een aanhanger geskryf.
 
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.