On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

At Lunch

@LUNCH - Michael Bublé in die moeilikheid oor selfie

───   14:15 Thu, 23 Apr 2015

@LUNCH -  Michael Bublé in die moeilikheid oor selfie | News Article
 
 
Oeps, Michael Bublé. Hoeveel skade kan ’n selfie nou regtig doen? Die “Haven’t Met You Yet”-sanger het nie dié foto goed deurdink nie en talle aanhangers maak hul stem dik, berig E!Online.
 
 
Die 39-jarige musikant het saam met sy vrou, Luisana Lopilato, in Miami vakansie gehou toe hy ’n selfie neem met ’n vrou in ’n baie kort broekie in die agtergrond.
 
 
Hy het dié selfie op Instagram gedeel met #myhumps #babygotback #hungryshorts #onlyinmiami #picoftheday en #beautifulbum as beskrywing.
 
Sy aanhangers het hom aangespreek omdat hy dié onbekende vrou boelie en vir sy seksistiese kommentaar. Een aanhanger het geskryf: “Jy het geen respek vir vroue nie!”
 
Michael het nie die foto verwyder nie, maar het wel op sy Instagram-blad gereageer: “… die foto was veronderstel om ’n kompliment te wees … Dit maak my seer dat enigiemand sal dink dat ek ’n vrou sal minag of iemand sal beledig …
 
Ek is jammer dat party mense die foto aanstootlik vind. Dit was nie my intensie nie …”
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.