On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

At Lunch

@LUNCH - Alles wat jy van Jack Parow se boek móét weet!

───   13:30 Mon, 25 May 2015

@LUNCH - Alles wat jy van Jack Parow se boek móét weet! | News Article
 
 
Al ooit gewonder hoekom die Kaapse stadsraad hom afgedank het toe hy by die afdeling vir begrafplaas-beplanning gewerk het? Dan is Jack Parow se boek, Die ou met die snor by die bar, net vir jou.
 
 
Met die hulp van joernalis Theunis Engelbrecht is dié Afrikaanse kletsrymer nou ook ’n skrywer en hy is gretig om ons van al sy “mal, wilde avonture” te vertel.
 
In minder as 300 bladsye maak dié boek draaie in plekke soos Parow, Waenhuiskrans, Uitkykhoogte, Onrusrivier, The Lollipop Lounge in Randburg, Mitchells Plain, België, Nederland, Los Angeles én Moskou. Ons lees oor Jack se transformasie van uncool kid tot trendsetter.
 
Dié outobiografie spog met van sy lirieke en ’n groot aantal persoonlike foto’s wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie. Die ou met die snor by die baris vanaf September 2015 beskikbaar.
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.