On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

At Lunch

@LUNCH - Dié woorde is nou in die woordeboek

───   13:21 Thu, 28 May 2015

@LUNCH - Dié woorde is nou in die woordeboek | News Article
 
 
Verlede jaar was selfie die nuwe woord op almal se lippe, en vandag is dit deel van ons alledaagse woordeskat.
 
 
In die laaste jaar het nóg woorde kop uitgesteek wat nou amptelik aanvaar is deur die Merriam-Webster-woordeboek.
 
 
Die nuwe woorde wat jy nou met selfvertroue kan gebruik, sluit in:
Photobomb – Dit is wanneer jy met opset in die agtergrond van iemand anders se foto verskyn. Om ’n gesig te trek in die foto is opsioneel, maar word aanbeveel. Dit is ’n baie gewilde tendens en selfs koningin Elizabeth het dit al gedoen.
 
Emoji – Hou jy daarvan om ’n gesiggie wat glimlag of oogknip in jou WhatsApp-boodskappe te gebruik? Dan is jy sommer reeds ’n kenner op dié gebeid. Deesdae is daar honderde verskillende emoji’s wat gesiggies, karakters, diere en selfs groente insluit.
 
Jegging – Dis wat jy kry as jy ’n denim met ’n spanbroek meng: ’n Noupassende jean gemaak van rekstof.
Meme – Is ’n foto met ’n snaakse onderskrif wat versprei word op sosiale media. Gewoonlik word dit gedoen om die draak te steek met ’n bekende of politikus.
 
NSFW- Die afkorting staan vir not suitable for work, en word gebruik in e-posse en ander aanlynboodskappe om iemand te waarsku dat die inhoud van die boodskap nie gepas is om by die werk oop te maak nie. Dit kan moontlik naaktheid, vloekwoorde of ander onvanpaste elemente bevat.
 
WTF – Anders as wat sommige mense dink, staan dié afkorting nie vir why that face nie, maar inderdaad vir die meer volwasse weergawe – so wees maar versigtig vir dié een!
 
 
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) het jaarliks ’n nuutskeppingskompetisie. Die 2015-inskrywings het onder andere die volgende woorde ingesluit:
Straatparaat (streetwise)
Draaibraai (rotisserie)
Bakkiebrakkie (plaashond wat oral saamry)
Wolkpos (WhatsApp en ander sosiale platforms)
Langarm (remote control)
Kruipnuus (bewegende nuusstrokie onderaan die TV-skerm)
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.