On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

At Lunch

@LUNCH - Bernadine se Storie gebasseer op jou Facebook "Comments"

───   14:49 Thu, 05 May 2016

@LUNCH - Bernadine se Storie gebasseer op jou Facebook "Comments" | News Article

Skoonma kom Kuier, die Dominie daag nie op vir dir troue nie en dis Moedersdag....Dit was 'n lekker Langnaweek, tot ..

Image title

Image title

Image title

Dit was ‘n lekker lang naweek tot skoonma van Beaufort opgedaag het. Heeltemal ongenooid; en ek besef dis amper Moedersdag en ek moet nog al die bestellings vir haar geskenke maak. Sy is tog so vol fiemies. Na die spanning besluit ek om te gaan skuinslê en daar begin ek droom. Ek droom ek is by ‘n troue in die Klipkerk in Bloemfontein, maar die dominee is nie daar nie. Sy kar se wiel het gebars oppad hospitaal toe nadat sy seuntjie sy arm gebreek het en kon dus nie die troue maak nie.  Hy vertel toe hoe hy oppad was werk toe toe hy iets met ‘n harde slag tref.

Na ‘n gil volg daar ‘n doodse stilte met die reuk van ‘n dooie marmot wat hang oor die kar soos rook in die winter by ‘n braai. In die haas bel Stefanie die dominee van Heilbron om die dag te kom red en díe sê toe hy moes liewe heksie se besem leen om oor die berg te vlieg.

Die dominee het blykbaar ‘n kwashiorkor magie en weens selfbewustheid ‘n paar pille gepop vir die spanning en daar begin hy delusies en hallusinasies kry. Hy vertel stories van hoe hy tot die besef gekom het dat die jag bakkie wat hy die naweek  mee gery het nie in die garage kon inry nie, want sy ligte was te skerp en druk die bakkie toe agteruit. Verder het hy blykbaar nog ‘n trofee gewen by ‘n kar skou met sy hangemaakte skoeter.

Die volgende oomblik bevind ek myself op ‘n verlate grondpad. Ek sien ‘n groot toring in die verte op ‘n heuwel en besluit om die tog soontoe voort te sit. Ek het egter vining besef ek verwar die gevoel met see toe gaan en begin toe my strand goedjies pak. Met die pad terug vanderbijlpark toe en die pad vol spoed kameras was dit lekker om te sien hoe geweldig beroemd almal geraak het met al die flitse op die pad. Dit moes die flitse gewees het wat my ruk tot stilstand en ek word wakker in my bed.

Ek besef met ‘n skok lang naweke is in China gemaak en hou nie lank nie, veral nie vir ewig nie. Dis Dinsdagoggend 5h30 en ek het nooit skoolklere gestryk nie. Ek skree vir ons seuns: “dis skool, gaan kry julle skooltasse en klere reg”. Almal verstaan nie hoe dit werk nie … ek ook nie, maar ek probeer. Dalk verstaan jy nou hoekom ek hierdie diep innige begeerte gehad het om terug te gaan werk toe. Tot Vrydag aanbreek dan begin alles van vooraf...

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.