On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

The Delightful Blog

Afternoon Delight: The Reach for a dream

───   17:04 Thu, 25 Aug 2016

Afternoon Delight: The Reach for a dream  | News Article
Yolanda.

We are visited by Yolanda from Reach For A Dream.

Soos gewoonlik elke laaste Donder dag gesels ons met Yolanda van Reach for A Dream. 

Hier is waarna hulle vandag opsoek is:


Hier is ‘n paar fotos van drome wat hulle onlangs gedoen het.

 

Rebecca wil ‘n sjef wees as sy groot is – baie dankie aan die Food and Beverage Institute wat haar droom waar gemaak het.

Klein Thabiso wou graag movies kon kyk terwyl hy in die hospitaal is – hy was mal oor sy DVD speler en oorfone.

Hier is die inligting vir die Heritage Hope Costume Competition wat die jaar tydens die Heritage Hope Festival op 24 September plaasvind by Windmill Casino in Bloemfontein.  Daar is 4 kategoriee en kontantpryse op die spel vir elk van die kategoriee.

Die ouderdomsgroepe is 6 – 10 jaar, 11 – 15 jaar, 16 – 29 jaar en 30 plus as kategorie.

 

Inskrywings kan nou al plaasvind. Jy kan jou inskrywingsvorm voltooi en solank bewys van betaling deurstuur om in te skryf.

Of deelnemers kan op die dag tussen 09:00 – 11:00 kom registreer by die Windmill Casino.

 

Jou kostuum moet jou herkoms uitbeeld. Die kompetisie word geopen deur een van ons dromers – haar droom is om in ‘n modeparade te wees.

Die kompetisie is van 12:00 – 14:30. Inskrywing kos R100. Daar is 5 beoordelaars.

Dit kos ook R100 per persoon om die modevertoning by te woon – die R100 gee jou ook toegang tot die Heritage Hope Village vir die res van die middag waar daar vertonings gaan wees met ‘n bekende band wat die dag afsluit. Die Heritage Hope Festival program begin 14:30 en eindig 17:00.

Hier is die inskrywingsvorm:

 Entry Form Heritage Hope Costume Competition 2016.pdf

Navrae kan gerig word aan sandra@reachforadream.org.za

Of skakel 063 059 6618.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.