On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

World News

Liberiese grensposte gesluit uit vrees vir Ebola-virus

───   17:45 Mon, 28 Jul 2014

Liberiese grensposte gesluit uit vrees vir Ebola-virus | News Article
Monrovia - Die meeste grensposte in Liberië is gesluit en gemeenskappe waarin die Ebola-virus gediagnoseer is mag onder kwarantyn geplaas word in 'n poging om die verspreiding van die siekte stop te sit.
Meer as 'n duisend mense in Guinea, Sierra Leone en Liberië is reeds deur die siekte geïnfekteer en 660 mense is reeds sedert Februarie in Wes-Afrika hieraan dood. Dit word tot dusver as die wêreld se dodelikste uitbraak beskou.
 
Besoekers aan die hooflughawe sal deur 'n opsporingstoestel vir die siekte ondersoek word. Daar word gevrees dat die virus na Afrika se mees digbevolkte land, Nigerië, kan versprei.
 
Al Nigerië se grensposte word streng bewaak nadat dit aan die lig gekom het dat 'n man van Liberië aan Ebola gesterf het nadat hy verlede Dinsdag by Lagos-lughawe gearriveer het.
 
Negentig persent van persone wat die virus opdoen, sterf, maar pasiënte het 'n beter kans op oorlewing indien hulle vroeg behandeling ontvang.
 
BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.