On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

World News

Amerika beskuldig Rusland dat hy 1987-verdrag breek

───   08:56 Wed, 30 Jul 2014

Amerika beskuldig Rusland dat hy 1987-verdrag breek | News Article
Washington - Die Verenigde State het Rusland daarvan beskuldig dat hy 'n 26-jare-lange kernwapenverdrag verbreek het.
 
Die Staatsdepartement het in sy jaarverslag oor internasionale nakoming van wapenbeheer-ooreenkomste gesê
volgens 'n verdrag wat in 1987 tussen President Ronald Reagan en Russiese leier Mikhail Gorbachev onderteken is, mag beide Rusland en Amerika nie wapens van 'n sekere kaliber in sy besit hê nie.
 
Dit sluit ook in die produksie van missiele met 'n reikwydte van tussen 500 en 5 500km.
 
Alhoewel die Amerikaners nog nie gesê het wanneer die beweerde oortredings plaasgevind het, het 'n Russiese amptenaar gesê die kwessie dateer terug tot 2009. Die voormalige militêre amptenaar van die Russiese departement van verdediging, Yevgeniy Buzhinsky, het bygevoeg dat Rusland ook klagtes het oor Amerika se nie-nakoming van die
sogenoemde INF-verdrag.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.