On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

World News

'n 72-uur humanitêre skietstilstand in Gazastrook begin vandag

───   08:01 Fri, 01 Aug 2014

'n  72-uur humanitêre skietstilstand in Gazastrook  begin vandag | News Article
Israel en Palestynse militantegroepe in die Gazastrook het ooreengekom om 'n 72-uur humanitêre skietstilstand te hou. Dit tree  vanoggend in werking.
 
BBC berig onderhandelaars van beide kante gaan vandag in Kaïro in Egipte vergader in 'n poging om 'n langtermyn-oplossing te probeer bereik. In 'n gesamentlike verklaring deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry en die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-Moon, word 'n beroep gedoen op belanghebbendes om met die nodige selfbeheersing op te tree tot die skietstilstand in werking tree.
 
Sedert Israel met sy aanval begin het op 8 Julie, is meer as 1, 400 Palestyne dood. Gesondheidswerkers beweer die meeste van die oorledenes was onskuldige burgerlikes. Altesaam 61 Israeliese soldate is dood.
 
BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.