On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

World News

VSA beskuldig Rusland van geweld in Oekraïne

───   07:52 Fri, 29 Aug 2014

VSA beskuldig Rusland van geweld in Oekraïne | News Article

Washington - Die Amerikaanse president Barack Obama het Rusland daarvan beskuldig dat hulle vir die geweld in oos-Oekraïne verantwoordelik is.

Hy sê geweld in die streek is nie 'n inheemse opstand nie, maar is die gevolg van diepgewortelde Russiese betrokkenheid.
Rusland ontken beweringe deur Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie dat meer as 1 000 Russiese soldate by die gevegte betrokke is en beskuldig Oekraïne dat hulle hul eie mense aanval.
 
Navo sal vandag 'n noodvergadering hou om die krisis te bespreek. Dit volg op 'n noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gister in New York.
 
BBC
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.