On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

World News

Eerste ebola-oordrag in Amerika

───   08:25 Mon, 13 Oct 2014

Eerste ebola-oordrag in Amerika | News Article

Dallas - Owerhede in Amerika het bevestig dat 'n gesondheidswerker by 'n hospitaal in Texas, wat 'n ebola-pasiënt versorg het, positief getoets het vir die virus in 'n voorlopige toets.

Die departement van gesondheid in Texas het Sondag in 'n verklaring op sy webwerf gesê die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming (CDC) sal die uitslag bevestig.

Die persoon het glo Vrydagaand koors gehad en is in isolasie geplaas. Die voorlopige uitslag is laat Saterdagaand ontvang.

Dr. David Lakey, kommissaris vir die gesondheidsdepartement in Texas, het gesê beamptes “het hulself voorberei op dié moontlikheid.

Thomas Eric Duncan, die eerste persoon wat in Amerika met ebola gediagnoseer is, is Woensdag in Dallas oorlede.

Intussen het die regering in Spanje bevestig 'n verpleegster, wat die virus opgedoen het nadat sy 'n ebola-pasiënt versorg het, toon “tekens van verbetering”. Teresa Romero se prognose bly glo egter “ernstig” en verdere komplikasies kan nie uitgesluit word nie.

Volgens die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) se statistiek op 8 Oktober is minstens 4 033 mense reeds uit altesaam 8 399 gevalle in sewe lande (Guinee, Liberië, Nigerië, Senegal, Sierra Leone, Spanje en Amerika) oorlede.
 
Sapa/AFP 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.