On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Kuruman-gemeenskap vra dat konstruksie van pad gestaak word

───   OWEN KOCK 06:45 Thu, 23 Oct 2014

Kuruman-gemeenskap vra dat konstruksie van pad gestaak word | News Article

Kuruman - Gemeenskapslede van die Joe Morolong Munisipaliteit in Kuruman wil hê dat konstruksiewerk aan die pad waaroor hulle meer as drie maande lank betoog het, gestaak moet word.

Volgens 'n lid van die Joe Morolong Padforum, Peter Mabilo, lê die probleem by die kontrakteurs, Tau Pele en Down Touch Investments, wat sonder die medewete van gemeenskapsleiers aanstellings gemaak en nie lede van die gemeenskap by die konstruksiewerk betrek het nie.
 
Die padforum, gemeenskapslede en belanghebbendes is tans in 'n vergadering om die weg vorentoe te baan.

Skole in die distrik was vir meer as drie maande lank gesluit weens geweldadige protes-optogte, wat daartoe gelei het dat alle
grade R tot 11-leerders hul graad volgende jaar moet herhaal.
 
Matrikulante sal egter in Februarie en Maart 'n aanvullende eksamen aflê.
 
Owen Kock/OFM-nuus 

Podcasts

Peter Mabilo:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.