On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

World News

Reuse skilpaaie in Galapagos van uitwissing gered

───   09:33 Wed, 29 Oct 2014

Reuse skilpaaie in Galapagos van uitwissing gered | News Article

Londen - Nie so lank gelede nie was daar slegs 15 reuse skilpaaie in die omgewingsensitiewe Galapagos-eilande oor, maar danksy 'n omgewingsprogram, wat 40 jaar gelede in werking gestel is, is daar vandag 1 000 reuse skilpaaie op die eiland Espanola in die Galapagos-eilandgroep.

 Die gevaar van totale uitwissing van die spesies is nou iets van die verlede.
Leier van die studiegroep, James Gibbs, sê die storie van die skilpaaie is een van die rare suksesverhale waar 'n bedreigde spesies gered is en nou floreer.
 
Galapagos-skilpaaie, waarvan daar 11 subspesies oor is, weeg 250 kg en lewe langer as 100 jaar.
 
BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.