On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

World News

Afname van Ebola-gevalle in Liberië

───   09:34 Thu, 30 Oct 2014

Afname van Ebola-gevalle in Liberië | News Article

Monrovia - Die Wêreld-gesondheidsorganisasie (WGO) sê daar is 'n afname in die verspreiding van Ebola in Liberië, die land wat die swaarste deur die siekte getref is.

Die WGO se Bruce Aylward sê hulle is vol vertroue dat gesondheidsmaatreëls teen die siekte begin vrugte afwerp. Hy waarsku egter dat die krisis geensins iets van die verlede is nie.
Die WGO het intussen bekendgemaak dat die aantal Ebola-gevalle wêreldwyd tot meer as 13 000 gegroei het.
 
Amper 5 000 mense het reeds aan die siekte gesterf, met slegs tien sterfgevalle buite Liberië, Sierra Leone en Guinee.
 
BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.