On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

World News

SA man moor glo eksvrou in Nieu-Seeland

───   13:46 Thu, 27 Nov 2014

SA man moor glo eksvrou in Nieu-Seeland | News Article

Auckland - 'n Suid-Afrikaner is in Nieu-Seeland van moord en poging tot moord aangekla nadat 'n vrou vermoor is en haar dogter en dié se kêrel met 'n mes gesteek is.

Stuff.co.nz berig dat Brent Scott Vrydag in die North Shore-distrikshof sal verskyn na die moord op Heidi Welman Scott (41). Die egpaar was glo vervreem.

Welman Scott, haar 22-jarige dogter en dié se 22-jarige kêrel is volgens die berig Donderdagoggend aangetref waar hulle buite 'n huis in Albany gelê het. Welman Scott is op die toneel dood verklaar. Die dogter en haar kêrel is na 'n hospitaal gehaas en albei is in 'n ernstige maar stabiele toestand.

Scott is by die Auckland Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hy glo na Suid-Afrika probeer vlug het. Volgens die berig is Scott die Nieu-Seelandse agent vir 'n Suid-Afrikaanse messlypmaatskappy.

Die gesin het glo verlede jaar in Suid-Afrika vakansie gehou toe Scott op aanklag van gesinsgeweld in hegtenis geneem is. Wellman Scott het glo 'n beskermingsbevel teen hom uitgeneem met hul terugkeer na Nieu-Seeland. Haar dogter en 14-jarige seun word ook in die bevel genoem.

Volgens Welman Scott se Facebook-profiel is sy van Kaapstad afkomstig.

Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.