On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

World News

Polisie op soek na 12-jarige betrokke by reuse rooftog

───   15:38 Mon, 26 Jan 2015

Polisie op soek na 12-jarige betrokke by reuse rooftog | News Article

Hong Kong - Polisie in Hong Kong is op soek na 'n 12-jarige dogtertjie en drie volwassenes wat na bewering 4.6 miljoen dollar, of sowat 52 miljoen rand se diamante uit 'n luukse juwelierswinkel gesteel het.

Die drie volwassenes het klaarblyklik die verkoopspersoneel se aandag afgetrek terwyl die meisie die 117-karant diamanthalssnoer uit die vertoonkas gesteel het. Presies hoe sy die vertoonkas oopgekry het, is nie bekend nie, maar plaaslike media vermoed dat sy die sleutel van die kas gesteel het. Veiligheidskameras wat in die winkel opgestel is, toon 'n meisie in 'n grys kappiebaadjie wat doodluiters met haar hande in haar sakke uit die winkel loop. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. CNN

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.