On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

World News

New York maak reg vir grootste sneeustorm ooit

───   17:26 Mon, 26 Jan 2015

New York maak reg vir grootste sneeustorm ooit | News Article

New York - Die Amerikaanse Nasionale Weerdiens het weer waarskuwings uitgereik dat tot soveel as 90 cm sneeu aan die VSA se noord-oostelike kus kan val wanneer 'n dreigende sneeustorm die kus tref.

New York se burgemeester het gesê die storm kan die grootste wees wat die stad nog ooit gesien het en dat inwoners hulle op die ergste moet voorberei. Meer as 3 000 vlugte is reeds na en van New York gekanselleer, insluitende vlugte van die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Lughawens in New York, Boston en Philadelphia is reeds deur die weer beïnvloed. Inwoners van hierdie stede het begin om kos, water en ander noodvoorraad bymekaar te maak. BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.