World News
Amerikaanse weerdiens erken vooruitskatting was verkeerd─── 07:49 Wed, 28 Jan 2015
New York - Die Amerikaanse Nasionale Weerdiens sê hulle weersvooruitskatting was verkeerd nadat hulle 'n historiese sneeustorm vir die ooskus voorspel het.
Swaar sneeuneerslae het wel in Conneticut en Massachusetts voorgekom, maar New York is grootliks gespaar.
Die stad se burgemeester, Bill de Blasio, het intussen gesê dat owerhede moontlik wel geooreageer het, maar dat hulle slegs besluite geneem het met die inligting tot hulle beskikking.
Waarskuwings vir swaar sneeustorms geld egter steeds langs die Amerikaanse ooskus, van Long Island tot by Maine.
BBC