On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

NWK verwelkom verbintenis tot droogtehulp

───   DANE BEISHEIM 08:34 Sat, 28 Mar 2015

NWK verwelkom verbintenis tot droogtehulp | News Article

Potchefstroom - NWK het die aankondiging dat die LUR van landbou in Noordwes, Manketsi Tlhape, beplan om 'n versoek te rig dat die provinsie tot rampgebied verklaar word weens die droogte, verwelkom.

Tlhape het boere en regeringsamptenare Vrydag by 'n provinsiale droogte-dialoog in Potchefstroom toegespreek. Sy het tydens die vergadering gesê dat boere dringende droogtehulp van die Nasionale Tesourie benodig.
 
NWK se Johan Bezuidenhoudt sê samewerking tussen landbou-organisasies en die regering is nodig indien hierdie probleem aangespreek wil word, juis omdat dit sulke verreikende gevolge het.

Dane Beisheim/OFM-nuus

Podcasts

Johan Bezuidenhoudt :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.