On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Bloemfontein-polisie gaan booswigte vasvat oor Paasnaweek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:26 Mon, 30 Mar 2015

Bloemfontein-polisie gaan booswigte vasvat oor Paasnaweek | News Article

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein is oorgehaal en slaggereed om misdaad te bekamp en inwoners en besoekers aan die stad oor Paasnaweek veilig te hou.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die polisie in samewerking met verskeie belanghebbendes soos die Mangaung-verkeersdepartement gaan goeie diens lewer en booswigte moet ligloop.
 
Volgens hom is daar verskeie inisiatiewe in plek om misdaad die naweek te voorkom.

Hy moedig mense aan om openbare vervoer te gebruik en vra dat motoriste nie rylopers oplaai nie.
 
Marope sê die publiek se samewerking word hoog op prys gestel.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Chaka Marope:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.