On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

VS-gesondheidswerkers se verhoor begin in Julie

───   17:52 Mon, 30 Mar 2015

VS-gesondheidswerkers se verhoor begin in Julie | News Article

Bloemfontein - Die verhoor van die 129 gesondheidswerkers, wat in hegtenis geneem is terwyl hulle teen hul afdanking deur die Vrystaatse departement van gesondheid betoog het, begin op 6 Julie.

Hulle het vroeër verskeie pleitooreenkomste van die hand gewys. Die werkers het vandag weer in die Bloemfonteinse streekhof in verband met die hou van ‘n onwettige byeenkoms, verskyn.
 
Die werkers – ondersteun deur verskeie nie-regeringsorganisasies het vanoggend vanaf Pelonomi-hospitaal tot by die hofgebou betoog en geëis dat die aanklagte teen hulle onvoorwaardelik teruggetrek word.
 
Die werkers is in Julie verlede jaar in hegtenis geneem.
Cathy Dlodlo/OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.