On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

World News

Gedenkdiens vir Germanwings-slagoffers gehou

───   07:52 Fri, 17 Apr 2015

Gedenkdiens vir Germanwings-slagoffers gehou | News Article

Köln - 'n Gedenkdiens vir die slagoffers van verlede maand se Germanwings-vliegtuigongeluk in die Alpe, sal vandag by Köln-katedraal gehou word.

Daar word sowat 1 500 mense by die diens verwag, insluitende families van die slagoffers, sowel as die Duitse Kanselier, Angela Merkel. Die Ministers van Vervoer van Frankryk en Spanje, sowel as Lufthansa-hoof, Carsten Spohr, sal ook na verwagting die diens bywoon. Medevlieënier Andreas Lubitz het na bewering die Germanwings Airbus op 24 Maart doelbewus laat verongeluk en die dood van 150 mense veroorsaak. 'n Kers vir elk van die slagoffers sal aangesteek word en vlae regoor Duitsland sal halfmas hang. BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.