On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

World News

Koninklike pienkvoet amper hier

───   11:43 Sat, 02 May 2015

Koninklike pienkvoet amper hier | News Article

Londen - Die Hertogin van Cambridge en vrou van Prins William van Brittanje is in die hospitaal opgeneem vir die geboorte van die vierde opvolger van die Britse troon.

Kensington Paleis het bekendgemaak dat Kate 7-uur vanoggend Suid-Afrikaanse tyd in die privaatvleuel van die St Mary's hospitaal opgeneem is.
 
Prins William het sy vrou met 'n motor na die hospitaal geneem.
 
Die geslag van die nuwe baba is nog onbekend.
 
Beroepswedders glo egter dat dit 'n meisie is en waarskynlik Alice, Elizabeth, Charlotte of Victoria sal heet.
 
AFP/SAUK

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.