On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

World News

37 dood, meer as 1 100 beseer in nuwe Nepal-aardbewing

───   06:42 Wed, 13 May 2015

37 dood, meer as 1 100 beseer in nuwe Nepal-aardbewing | News Article

Kathmandu - Nepal se departement van binnelandse sake het bevestig minstens 37 mense is dood ná Dinsdag se groot aardbewing in dié land.

Die departement het gesê minstens 1 129 persone is beseer en word by verskillende hospitale behandel.
 
Meer as 8 000 persone is reeds in die land dood ná 'n groot aardbewing op 25 April. Minstens 17 000 mense is beseer.
 
Dinsdag se aardbewing het 7.3 op die rigterskaal gemeet.
 
Volgens die ministerie is soek- en reddingspanne reeds ontplooi.
 
Besonderhede van infrastruktuurskade in die verskillende streke moet nog bepaal word.
 
ANA

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.