On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

World News

MSF verleen hulp na jongste Nepal-skudding

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:54 Wed, 13 May 2015

MSF verleen hulp na jongste Nepal-skudding | News Article

Bloemfontein - Dokters Sonder Grense (MSF) het twee noodspanne uitgestuur na verafgeleë nedersettings in die Dolakha-distrik sowat 80km oos van Katmandoe in Nepal na ‘n tweede aardskudding die land Dinsdag in minder as drie weke getref het.

Die jongste skudding, wat 7,3 op die Richerskaal gemeet het, kom na ‘n skudding van 7,8 wat op 25 April duisende lewens geëis en totale verwoesting in die land gesaai het.
 
MSF hoof van kommunikasie in Suid-Afrika, Borrie la Grange, sê ‘n Suid-Afrikaanse MSF-koördineerder in Katmandoe, Dan Sermand, was gister deel van MSF-lede wat per helikopter na die episentrum van die jongste skudding gevlieg het om mediese sorg en noodvoorraad te verskaf.
 
Hy sê MSF wil ook vasstel wat die vraag na mediese sorg is om spoedige reaksie te verseker en voorraad daarvolgens aan te vul.
 
Volgens hom was dit moeilik om vas te stel of lede van die MSF in Nepal veilig is na gister se skudding.

La Grange sê sover bekend is 48 mense gister dood en 1 000 mense beseer. Meer as 8 000 mense het in die eerste skudding gesterf.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Borrie la Grange:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.