On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

World News

Nepal: Soektog na 150 vermistes afgelas

───   11:12 Tue, 19 May 2015

Nepal: Soektog na 150 vermistes afgelas | News Article

Kathmandu - Reddingswerkers in 'n dorpie in Nepal het 'n soektog na meer as 100 mense, wat steeds vermis word nadat twee erge aardbewings die streek binne 'n kwessie van drie weke getref het, afgelas.

Woordvoerder Premlal Lamichanne sê 'n gebrek aan toerusting bemoeilik hulle taak. Daar word vermoed dat sowat 150 mense steeds onder die puin begrawe is. Die meeste paaie in die gebied is versper, wat dit onmoontlik maak om opruimingstoerusting tot by die dorpie te kry. Ten minste 19 dorpies in die noorde van die gebied is onbegaanbaar. Lamichanne sê die paaie gaan eers herstel moet word voordat toerusting die gebied sal kan bereik. - News24.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.