On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

World News

Onderhoud met Bloemfonteiner ná Bangkok-bomaanval

───   OWEN KOCK 14:37 Tue, 18 Aug 2015

Onderhoud met Bloemfonteiner ná Bangkok-bomaanval | News Article

'n Jong Bloemfonteinse-vrou, Christine Hugo, wat in Bangkok skoolhou, was twee dae tevore op presies dieselfde plek waar ‘n bom gister afgegaan het en die lewe van minstens 22 mense ge-eis het. Meer as honderd mense is beseer.

Volgens Hugo is die situasie nou kalm, maar gister was dit ‘n miernes van bedrywighede met polsievoertuie wat oral te sien was.

Die ontploffing het gister om 13:55 Suid-Afrikaanse tyd voor die Erawan-tempel op ’n besige hoek naby top-hotelle, winkelsentrums, kantore en ’n hospitaal plaasgevind.

Die Hindoe-tempel is ’n groot toeriste-aantreklikheid. Volgens die nasionale polsiehoof, Somyot Poompanmuang, is ‘n pypbom is in die tempel geplaas. Hugo het ‘n ruk gelede, minder as 24 uur na die voorval, met OFM-nuus se Owen Kock gesels…

 

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.