On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

World News

Tweede verdagte in hegtenis ná Bangkok-bomaanval

───   07:51 Wed, 02 Sep 2015

Tweede verdagte in hegtenis ná Bangkok-bomaanval | News Article

Bangkok - 'n Tweede verdagte is in hegtenis geneem ná die bomaanval op die Erwan-altaar in Bangkok op 17 Augustus.

Twintig mense is in die bomaanval dood terwyl verskeie mense beseer is.

Die man is in Thailand, naby die Thai-Kambodja-grens, in hegtenis geneem nadat hy probeer het om die grens onwettig oor te steek.

'n Thaise polisiewoordvoerder sê die verdagte is 'n buitelander en praat Engels. Hy word klaarblyklik ook verbind met 'n tweede ontploffing wat die volgende dag naby 'n Bangkok-pier gehoor is.

Daar word na ten minste nog twee mense gesoek.

CNN

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.