On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Yellow Door

Blou Sondag

───   ELZETTE BOUCHER 21:38 Tue, 23 Jul 2013

Blou Sondag | News Article

Ons almal ken “Sunday Night Blues”. Maar hoe gemaak daarmee? Elzette Boucher probeer uitvind met behulp van “Wiki wys hoe”…

’n Sondag sunset is die mooiste én depressingste ding vir my.

Volmaan hang laag oor Heuwelsig, wat blykbaar ’n spogbuurt is waar ek soos ’n student in ’n granny flat agter in iemand se erf bly. Nie dat ek kla nie. Ek’t vir die eerste keer ’n grasperkie…

Dis daardie tyd vannie aand wat ek op welfare TV Fokus se “spesialis-regisseurs” betrag wat met hul hande verslag doen. En ek weet - dit was naweek en ek was nêrens. Net werk toe en terug, werk toe en terug…

Nou’s ek lus vir niks. Nie eens om kos te maak nie. En ek’s mal oor kosmaak. Nou’s dit gou-gou na die plaaslike winkelsentrumpie om te val vir verbruikersleuens soos “cooks in 10 minutes” en “pasta will soften upon standing”. En ’n pak fyngebak wat ek sommer in die ry (met die motor, nie voor die till nie) verslind.

Die huis lê in puin asof daar wel ’n partytjie was en ek kan myself nie sover kry om eens ’n glas te was nie.

Wat is fout met my? Hoekom voel ek of ek net in my bed wil inkruip en ween?

Die slimkop sielkundiges noem dit “Sunday Night Blues”. Mens kry dit blykbaar ergste as jy ’n nine-to-fiver of student is. Dit gaan gepaard met angs, hulpeloosheid en depressie oor die dag van môre. Duitse en Sweedse navorsers het selfs bevind dat Sondag statisties die dag van die week is waarop mense die minste gelukkig is.

Oukei, nou hoe gemaak met die Sondag blues? “Wiki wys hoe” verduidelik wat om te doen.

Stap nommer een…

Apparently, moet mens eers uitvind of die blougeit elke Sondag voorkom en of dit nie as gevolg oordadigheid of min slaap oor die naweek is nie.
(hmmmm… alkoholiese iname beperk, maar slaap ook beperk…)

Stap nommer twee…
Jy’s nie alleen nie, ander ly ook aan Sondag-depressie.
(no s**t…)

Stap nommer drie…
Doen iets daaraan.
(rêrig?!)

Goed. Die Wiki weet als seg mens moet besin oor die week wat voorlê en identifiseer wat moontlik kan lei tot spanning en dit vermy of die probleem oplos.
(ek dink my probleem is bloot dat ek lui is…)

Verder moet mens ook blykbaar dwelmmisbruik vermy en planne maak om verandering te dryf.
(ek beplan reeds vir twee jaar om môre te begin oefen…)

Ek kliek weg van die Wiki weet niks, klap my laptop toe en staar stip na die wynrak. Neewat, dit gaan ook nie veel help nie. Ek maak hom leeg soos ek nou voel.

Nou wat bly dan oor? Boeklees, movies, chocolates…

“Bella, bella banana…” kom die luitoon uit die slaapkamer. Dis my ma. En ek weet als gaan okay wees, want dis waar – mens is nie alleen met die blues op ’n Sondagaand nie. Daar’s iemand wat my ook darem mis en boonop is hulle lief vir my ook!

En net daar diagnoseer ek my Sondag gesanik – dit was maar net bloot ek “Mis my ma”-sindroom. En ons gesels land en sand oor als en niks en môre voel ek weer beter oor die lewe.

*inligting verkry van Wiki How to Do Anything.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.