On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Yellow Door

Om weer te leer loop

───   MARGARINE 14:50 Fri, 07 Mar 2014

Om weer te leer loop | News Article

Margarine het dit vir granted gevat, net soos haar trane en spoeg, soos skoon water en televisie, gaskoeldrank en sout, soos so ongelooflik baie ander dinge wat 'n mens onbewustelik as 'n reg beskou. Tsk, tsk. Hoe arrogant.

 
“Weet jy wat is 'n mens eintlik besig om te doen as jy loop? Actually is jy besig om vorentoe te val. Jou liggaam sê vir jou ‘ek is besig om my balans vorentoe te verloor en nou moet my ander voet vorentoe kom om te keer.’ Dis werklik wat 'n mens besig is om te doen,” sê tannie Karen.

Ek het nooit so daaraan gedink nie. Ek het bewerig geklou aan my loopraam en ‘n tree probeer gee. Ek het gevoel ek gaan enige oomblik omval al was tannie Karen se hande ferm op my heupe. Haar verduideliking maak soveel sin. Dis so logies noudat ek daaraan dink. My brein verstaan dit, ek kan die hele proses visualiseer: links-regs 1-2 links-regs 1-2 links-regs 1-2,  hoekom wil my lyf dan nie saamspeel nie? Ek het gestaar na die vrou in die groen overall wat shlof-shlofff die vloer mop. Daar het ‘n man verby my geloop met twee blikkies Coke in sy een hand en ‘n pakkie chips in sy ander hand. My ma het voor my geloop (agteruit nogal!) om ‘n video op haar selfoon te neem. Ek sou enige van daai goeters lag-lag kon doen. Lank, lank gelede. Nou het ek eers besef hoe amazing dit is dat 'n mens dit regkry sonder om te dink. Dat mens se brein so slim is om jou balans te kan hou sonder dat jy konstant bewus is daarvan. The subconscious is powerful. Myne is seker nog unconscious.
   
Dit is wat deur my kop gespoel het aan die begin van 2010. Ek het dikwels gewonder of ek makliker weer sou kon leer loop as ek ‘n gimnas of ‘n danser was voor die ongeluk, want ‘n gimnas kan op ‘n tightrope balanseer en ek het al gesien watse crazy truuks van die dansers op So You Think You Can Dance doen. Hulle almal se balans is briljant. My een fisio het gesê nee, nie regtig nie, want my serebellum het baie seer gekry, so al was ek ‘n gimnas én ‘n danser sou dit nie my vordering vinniger gemaak het nie. Die serebellum word ook die kleinbrein genoem en is soos jou liggaam se beheersentrum en verantwoordelik vir (onder meer) jou ekwilibrium, koördinasie en balans. Myne is erg beskadig en my balans is power. Dan is die helfte van my lyf mos spasties en die combo veroorsaak dat ek sukkel om te loop.
 
 
 
 
 http://serendip.brynmawr.edu
 
 http://myweb.tiscali.co.uk
 
In elk geval, lang, uitmergelende storie kort, ek het toe eers 3 jaar en 9 maande na die ongeluk begin om kort entjies met ‘n kierie te loop. Dit is 1365 dae; 32 760 ure en 1 965 600 minute. Dit voel soos 200 jaar. Wanneer ek loop, is dit met sulke jerky, onbeholpe bewegings. Dit laat my dink aan zombies. Hoe ek beweeg is hoe zombies altyd in movies beweeg. 'n Mens noem dit ataxia.

Ek stap deesdae teen 'n slakkepas en hoop daar breek nie 'n brand uit nie. Dis eintlik goed dat ek nie vinnig kan loop nie, want dit gee my kans om elke tree te waardeer en te savour. Ek het dit voorheen vir granted gevat, net soos my trane en my spoeg, soos skoon water en televisie, gaskoeldrank en sout, soos so ongelooflik baie ander voorregte. 'n Mens is geneig om in ‘n super gemaksone in te wieg, jou lê te kry en dan waardeer mens nie meer die kosbare dinge in die lewe nie, want mens begin daaraan dink as alledaagse regte. Wat ‘n tragedie. Meeste mense dink aardbewings is ‘n ramp. Vloede. Tornado's. ‘n Haai wat ‘n surfer vang en opeet. Ek reken om soveel wonderlike voorregte in en om jou te sien as alledaags is ‘n bitter groot ramp. Leer hoe jou liggaam werk en jy sal verstom wees oor al die wonderwerke wat binne jou afspeel.

Almal vra my altyd hoe ek so positief bly. Om vir twee miljoen minute aan te hou fight teen gravitasie. My antwoord? Die kort weergawe is maklik. Adapt or die. Die lang antwoord is meer gekompliseerd, want ek was nie altyd positief en opgewonde oor die lewe nie. Sometimes life sucks. Maar dit help nie om te wroeg oor dinge wat was of iets wat nie verander kan word nie. Let it go. Set yourself free. Dis remarkable hoe sterk en onverskrokke die human spirit kan wees en waaraan 'n  mens alles kan gewoond raak as jy nie regtig ‘n keuse het nie. Jy dink net aan jouself en jou personal well-being tot jy uiteindelik eendag voel asof jy van daai treadmill af kan klim, maar tot daardie dag eet en drink jy net om jouself spekvet en gesond te kry. Nothing else matters. Not a thing. Politiek, sport, geloof, hongersnood, celebrities, armoede of whatever, maak net nie meer sin nie. In daai oomblik maak dit net nie vir jou saak nie.  So party mense noem my 'inspirational'. Ek noem dit 'fighting for survival'.
   
Jou state of mind speel natuurlik ‘n groot rol in die mate van herstel wat jy sal bereik. Jou besluite bepaal jou toekoms. Dit is eintlik heel logies as jy daaraan dink. Jou besluite bepaal ook jou attitude en jou attitude bepaal gedrag en jou gedrag bepaal hoe jy die wêreld gaan ervaar. Dus: hoe jy die wêreld sien en ervaar is in jou hande. Jy beheer jou tong en jou bene. Use them wisely. Want die lewe kan kort wees. Doen elke dag iets wat jou excite. Loop kaalvoet oor nat gras. Eet kaaskrulle vir ontbyt. Of tjoklit.  Doen ‘n wawiel. Doen dit omdat jy kan asemhaal en kan loop en kan lag.

"A line is a dot that went for a walk." Paul Klee

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.