On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Yellow Door

These are a few of my favorite things...

───   RITA NEL 08:37 Thu, 03 Jul 2014

These are a few of my favorite things... | News Article

“ Jissie nou voel my bene darem so willy nilly” is 'n greep uit Rita Nel se werk. Sy skryf oor die gunsteling goed en daar word prettig met die rymende woorde gespeel.

In die ‘Sound of Music’ het Maria.... a few favourite things... wat almal mooi rym.
Hierso is my lysie van aardse gunsteling dinge... terug in Suid Afrika na 'n vreeslike kort 8 jaar weg is het hierdie my opgeval,
1.       Woorde.  Mixed Afrikaans, suiwer Afrikaans, ou  Afrikaanse gesegdes en die hoeveelheid Afrikaanses wat ek by die Jozi kantoor hoor.  
Bo by Kaappunt kan ek net smile  vir die gesin wat al hygend die trappe opklim en ma uitasem  sê: “ jissie nou voel my bene darem so willy nilly.”
Om te travel en die kaartboek te lees en name te geniet ...Woestalleen tot by Tweeling.  Sê Ed, hierdie rivier is na jou vernoem. Ek vra: Wat, die Rietrivier? Nee, die Klein Vet...so gaan dit in die kar.
2.       Die klein handgedraaide draadhakie by die plaas se hek om dit te sluit. Dis nie iets wat mens kan koop nie. Ek weet net my pa se hande het dit self gebuig  toe hy sterk was.
3.       Elastisiteit van tyd. Ons is in die hysbak oppad Market theatre toe en die ligte flits al dat die show gaan begin. Langs ons sê die ou: Wow we are just in time guys. Just in time to get a drink before the show!
4.       Koffie kultuur – wie het gedink stoere boertjies sal uit die Gautrein stap met laptop sak op die rug en 'n take/away koppie Vida koffie  in die hand?
5.       Ek het 'n ding vir skilpaaie – dit is sinoniem met droogte, belofte van reën en met plaas. Amper elke keer wat ons by Salt Lake (Noord-Kaap) indraai is daar een langs die grondpad.
6.       Paaseiers in grootmaat. Ja vir sterk bitter Europese chocolate.  Maar daar is 'n tyd (Aprilmaand) en 'n plek (bedkassie) vir 'n boks soet Cadbury paaseiers.
7.       Helpmekaar in die kleine. Kom by die dokter en daar is 'n bak vol wol, penne en halfgebreide blokkies in die wagkamer.  Almal wat sit en wag brei 'n paar rye, die wol is geborg deur iemand en so ‘crowdsource’ ons komberse vir die ‘homeless’ - een steek op n slag.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.