On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Yellow Door

A Shock of Beauty

───   MARGARINE 09:18 Thu, 07 Aug 2014

A Shock of Beauty | News Article

Margarine is besig om haar litte los te maak, want haar bloed is blou. Maar dit is glad nie omdat sy ‘n bul is nie. Dit is baie meer opwindend as dit!



Hierdie is Terry Ann.
 
 

Sy is 21. Sy is ‘n albino. Sy is ‘n kleurling. Sy is Afrikaans. Ek dink sy is beautiful. Terry is intelligent. Humoristies. Bedagsaam. Totally mesmerizing.
Hier is sy saam haar boyfriend, Dumiso.
 
 
Ek dink hulle is ‘n gorgeous couple. Lovely lovely utterly lovely.

Terry is tans een van die 17 Goodwill Ambassadeurs vir Loslitdag. Elke ambassadeur ondervind persoonlik een of ander disability – een vrou is blind; ‘n ander is doof; daar is ‘n parapleeg; ek is ‘n hemipleeg en Terry is ‘n albino. (Gaan kyk gerus hier vir meer info oor die onderskeie ambassadeurs by http://www.casualday.co.za/category/ambassadors/).
Voor ek haar twee weke gelede ontmoet het, het ek nooit eers gedink aan albinism as ‘n disability nie. Ek het ook gedink albinos kom net voor onder swart mense. Ek was SO verkeerd. Wys jou hoe donners ignorant ek was!

Ek is skaam om te erken dat voor ek ‘n hemipleeg geword het, ek vreeslik onbewus was van alle disabilities. Wel, onbewus is nie heeltemal die regte woord nie. Uneducated en gevolglik damn ignorant. En nou kan ek die skool en die kerk blameer vir die te kort aan inligting en dat hulle nie genoeg awareness geskep het in my prille jeug nie. Ek kan society blameer vir hulle verwronge idee van perfeksie en vir hulle lafhartige idee van bravado. Ek dink ook dit is omdat die mens ‘n ingeboude survival mechanism het wat soos oogklappe werk. Jy sien net dit wat jy wil sien. Wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie. Dit is mos maar hoe die mens se kop werk.

Die meeste mense is gewoonlik net besorg oor enige disability wanneer ‘n geliefde direk geaffekteer word. Jy weet tog sekerlik? Die mense skram meestal weg van iemand met ‘n fisiese of funksionele inperking, omdat hulle nie voorbereid is oor hoe om so ‘n persoon te hanteer nie. Onkunde gee geboorte aan inadequacy en wie hou nou daarvan om inadequate te voel? Onbevoegd? Powerless? Niemand wat asemhaal nie an ek dink dit is hoekom daar hierdie negatiewe stigma kleef aan iemand met ‘n disability.

Loslitdag doen al vir twee dekades lank ‘n wonderlike job om die informasiegaping te probeer oorbrug en hulle verander daardeur die lewens van talle Suid Afrikaners jaarliks. Loslitdag is die land se grootste fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek vir persone met disabilities. Beter bewusmaking sal lei tot beter verstaanbaarheid, meer bedagsaamheid en meer meegevoel. Dit sal hopelik tot gevolg hê dat ‘n mens met ‘n mooier oog kyk, ‘n dieper blik, sodat jy eventually verby die opsigtelike disability kyk, want dit is nie defining nie. My gebrek vertel jou niks oor my gunsteling boek of band of woord nie, want dit verklap niks so kosbaar van my persoonlikheid nie. Niks. Moenie jouself vergaap aan my halwe gesig nie. Sien my raak. Ek bly net binne die skewe dop. Dit is tydelik. Ek het jou mos lank terug al gesê my lyf is net ‘n dop. Joune ôk.

Terry probeer awareness skep oor disabilities deur onder meer te vertel van al die horrible assumptions en gross judgements wat daar bestaan oor albinos (daar is al byvoorbeeld op haar gespoeg). Ek dink sy is ongelooflik ongewoon en baie intelligent en sal verseker die simpel vooropgestelde idees en opinies wat die meeste mense oor albinos het, challenge en opfrommel! Sy sal hulle hopenlik ruk uit hulle cosy cocoon of apathy wat hulle gewoonlik handhaaf teenoor disabilities.

Ek glo jy het ‘n social conscious en ‘n goeie hart. Ek glo ook jy het oë en jy sal die wêreld ‘n beter plek wil maak. Ek voel ek moet probeer om ‘n verskil te maak. Ek voel dit is nodig. Ek dink jy kan my help deur ‘n plakker aan te skaf vir net R10 en dan kan jy verspot of fancy aantrek op Vrydag 5 September met ‘n tikkie se blou. Die tema is “Bring out the Bling!” oftewel “Blink kant bo!”, want dit is vanjaar Loslit se 20ste verjaarsdag! 20 JAAR!

Ek het altyd gedink superheroes dra rooi panties, maar nee, ek was verkeerd. Hulle dra hierdie jaar blou hempde en blou pette. Húlle is besig om Suid Afrika te verander. Hulle het myne beslis. Ek is baie trots daarop om nou ook by hulle aan te sluit as ‘n Loslitdag Ambassadeur vir 2014. Dit is about time dat ek my rooi pantie verruil vir ‘n bloue.
 
 


Loslitdag is op Vrydag 5 September 2014. Dit is die flagship projek van die National Council for Persons with Physical Disabilities in SA (NCPPDSA).
Jy kan stickers koop by:
• Enige winkel van die Edcon Group:
? CNA; Edgars; Jet; Boardmans; Red Square; JetMart of LEGIT
• Absa takke.
• Game en Dion Wired winkels.
• Shoprite Checkers supermarkte

Vir meer informasie oor hoe jy aktief betrokke kan raak by Loslitdag bel 011 609 7006 of jy kan ons website besoek by www.casualday.co.za
Bly ophoogte van al Loslitdag se aktiwiteite op ons Facebook bladsy www.facebook.com/CasualDaySA
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.