On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Yellow Door

Eet om te vergeet

───   ELZETTE BOUCHER 00:00 Wed, 06 Aug 2014

Eet om te vergeet | News Article

Hi, ek’s Elzette Boucher en ek’s ’n emosionele eter… Hierdie is my eerste vergadering…



Die jaar is 2008… Ek sit in ’n rolprentteater en kyk Horton Hears a Who terwyl die trane oor my wange en alknersende kake rol. Op my skoot een of ander combo met die grootste popcorn denkbaar. Ek was nie noodwendig daar vir die fliek nie. Daardie franchise het die lekkerste sprinkle…
Dit sou slegs my eerste besoek aan die bioskoop wees daardie week, danksy my jongste liefdesteleurstelling. Ek’t blykbaar té veel gewerk en daarom het die verhouding gesneuwel. Twee weke later het ek egter uitgevind hy’t my eintlik maar net vir ’n jonger model verruil. Só het die verwyt én die fliekvretery met daardie brokkie inligting toe ook aan ’n einde gekom.
 
Soos jy dalk kon aflei is ek ’n emosionele eter. As ek down voel, druk ek kos in my gesig en voel beter. En kyk, ek kan vir hom inpak…
 
Zinger Wings vir tegniese tragedies
McFlurry vir moeilike mense by die werk
Lemon meringue vir vetsug
Twee liter roomys vir eensaamheid
Pizza vir werksdruk en as ek useless voel
Popcorn vir liefdestelleurstellings
Die lys gaan aan…
 
Van die slimmer Britte het ook nou, actually, “emotional eating” as ’n eetversteuring geklassifiseer. So dit saam met val bulimie en anoreksia.
Volgens navorsing is dié gedrag só algemeen dat dit nou bekendstaan as “binge eating disorder”.
Luidens ’n Daily Mail-artikel is die diagnose onlangs tot die U.S. Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, wat blykbaar die bybel van psigiatrie is, gevoeg.
 
Een van die dokters in die artikel word ook aangehaal dat die afwyking amper ’n geestesiekte is…
O toggie… Ek self-medicate met ’n dosis peanut butter cups… Chocolate is deel van my daaglikse diëet. So hy sal nou nie hond haaraf maak nie….
 
Ag nee! Hoekom bly dit gebeur?!
 
Die befaamde Dr Oz verduidelik dat wanneer jy gestres is jou liggaam die streshormoon kortisol vrystel wat jou vetterige, olierige en soet kosse laat crave. Hierdie kosse laat jou dan rustiger voel oor die chemiese reaksie wat dit in jou liggaam veroorsaak.
 
Hy sê verder dat die hipnotiserende knaagaksie jou kan laat uit-zone en dat kos ook aan ons bemark word dat dit geluk en vervulling sal bring. En natuurlik is dit makliker verkrygbaar as dwelms…
Maar wat staan my dan te doen die volgende keer as ek uitvind the object of my affection se ‘vriendin’ is nou nie so platonies as wat ek gehoop het nie, maar ’n vriendin soos wat dit in die Afrikaanse gedrukte media gebruik word…
Dr Oz stel voor dat mense nuwe kreatiewe maniere vind om jouself te kalmeer. Hy sê jy moet jou brein herbedraad om aktiwiteite, wat nie eet is nie, te herken as kalmerend.
 
So wat is dan die eerste stap?
 
Dr Oz meen mense moet bewus wees van wanneer die vretery plaasvind. Hou dagboek en maak notas van hoe honger jy werklik is wanneer die craving jou pak.
Kry dan iets om daardie gedrag te vervang of ’n gesonde alternatief.
Hy stel voor: teug aan swart tee, kry ’n foot massage, of doen asemhalingsoefeninge.
En mens moet hierdie dinge oefen sodat jy gereed is om dit toe te pas as jy dit nodig het.
Klink vir my na ’n lang proses…
 
Intussen gaan ek maar ’n pakkie bevrore ertjies nader trek en hoop dat wanneer my prins wel eendag opdaag hy maar van ’n dikkerige meisie hou…

Bronne: dailymail.co.uk, doctoroz.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.