On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Yellow Door

Selekant

───   ANNA VISSER 11:20 Mon, 01 Sep 2014

Selekant | News Article

Gedig deur Anna Visser

Selekant

Daar het eendag ‘n selekant voor my oë verskyn
Hy’t my gegryp so aan my blad, met sout seewater natgespat,
‘n groot hap uit my hart gevat
en toe daarmee verdwyn


Waar is die ander selekant, het jy hom dalk gewaar?
Het hy uitgespoel tot op die sand, gehitch-hike tot op Bloubergstrand,
Bly stap tot oor die plato-rand
En woon hy dalk nou daar?

Ek soek die ander selekant, weet jy waar is hy heen?
Het hy op-gaan-shack in ‘n eenvertrek, met ‘n goudvis of ‘n groot geelbek,
Of swem hy nog maar net soos ek
Al soekend en alleen?

Daar is ‘n ander selekant, met wie gaan hy nou mee?
Het hy dan vergeet wat hy heet, want vir so gevreet
Moet hy mos weet
Is daar net een vis in die see.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.