On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Yellow Door

Die Vryer van Vryburg

───   ANNA VISSER 08:15 Fri, 05 Sep 2014

Die Vryer van Vryburg | News Article

Anna Visser, OFM-aanbieder, weef dorpsname en rymende woorde deurmekaar in 'n gedig oor die kuise en koue virgin van Virginia.

Die Vryer van Vryburg
‘n Virgin van Virginia was bitter koud en kuis
Maar ‘n vryer daar van Vryburg, maak haar vinnig touwys
Toe kom ‘n Boksburg-breker hom goed by met sy vuis.
Die dorpsklerke van Klerksdorp hanteer nou maar die eis.


Al die queens op Queenstown was bitterlik ontsteld
Jy sien daai Vryburg-vryer was die Queenstown-queens se held!
Een verkoop sy kroon op Kroonstad, en pos toe maar die geld
En betaal so vir die hofsaak en Boksburg-breker se geweld.


Die regter het verdwaal en beland toe op Verkeerdevlei
Maar die saak gebeur in Strydenburg, want dis waar mense stry
Maar eers moes hul die dokumente, uit Pampierstad laat kry
Dat die Klerksdorp-klerke kan bepaal of vryer nog mag vry


Daar was hope hoop op Hoopstad toe die koerante kom vertel
Hoe die warden daar op Warden hom wou toesluit in ‘n sel
Dit het die virgin van Virginia ook ergerlik ontstel
Om te hoor dat Boksburg-breker moet gaan brand, in Hotazel.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.